Tel: 063 952 1341 | 012 883 4370  
E-pos: admin@pretoriasake.co.za

Ons streef na Pretoria as ’n wêreldklas sakesentrum.

Meer oor die Pretoria Sakekamer

Ons is die “dinkgroep, die doengroep en drukgroep” om Pretoria te vestig en te herbou as ’n erkende wêreldklas sakesentrum…WANT iemand moet!
As jy deel wil word van ‘n gemeenskap wat wegstap van die verlammende kla-kultuur van ons tyd, en kies om deel te wees van die “vernuwing” in die herstel en herbou van ons stad, is die Pretoria Sakekamer vir jou.
Word saam met die Pretoria Sakekamer deel van ‘n gemeenskap van sakelui en individue wat Pretoria wil herbou en vestig as ‘n wêreldklas sakesentrum.
Ons fokus op die sakesektor wat die ekonomiese inspuiting van Pretoria is. Die ommeswaai en verbetering in Pretoria kan slegs bereik word met die ondersteuning, organisering en mobilisering van sakelui.

Ons is die Voorlopers

Die Pretoria Sakekamer streef daarna om Pretoria te herbou en te vestig tot ‘n wêreldklas sakesentrum teen 2050. Die oplossing vir munisipale- en infrastruktuurverval is selfstandige sakelui wat die kuns vervolmaak om uitdagings en probleme in winsgewende en volhoubare sakegeleenthede te omskep. Goeie waarde en winsgewendheid beteken werk en welvaart vir die hele Pretoria-gemeenskap.

Word saam met ons rentmeesters van ons stad, sluit vandag nog aan as lid van die Pretoria Sakekamer.  

Meer oor die pretoria sakekamer

Die Pretoria Sakekamer gaan Pretoria herbou en vestig tot ‘n wêreldklas sakesentrum. Die kuur vir munisipale- en infrastruktuurverval is selfstandige sakelui wat die kuns vervolmaak om uitdagings en probleme in winsgewende en volhoubare sakegeleenthede te omskep. Goeie waarde en winsgewendheid beteken werk en welvaart vir die hele Pretoria-gemeenskap.

  • Die Pretoria Sakekamer onderhandel nie met enige politieke party of instelling nie.
  • Ons neem self verantwoordelikheid en eis verantwoordbaarheid.
  • Ons snoer ekonomies aktiewe sakelui en ondernemings met sakebelange in Pretoria saam.
  • Ons is ‘n dinkgroep, ‘n doengroep en ‘n drukgroep.
  • Ons is by Sakeliga, met hulle indrukwekkende litigasierekord, geaffilieer.

Ons oproep aan ondernemings in Pretoria is eenvoudig.
Wees saam met ons rentmeesters vir die stad.

Lidmaatskapvlakke en -voordele

  • Maandelikse ledegeld word per debietorder verhaal
  • Jaarlikse ledegeld word per EFT betaal (stuur asb. ‘n e-pos na admin@pretoriasake.co.za)

Kontak my vir 'n navraag oor lidmaatskap

Webblad geborg deur:

Borge & sakevennote

Scroll to Top